Suid: Wyneth Jones
adminOR@negester.co.za
028 316 3661/58
Noord: Marlene Wiid
hpm@hermanus.co.za
028 312 4474
Op 6 Desember 2014 het Negester Onrusrivier amptelik sy deure geopen toe ses inwoners by die sorgsentrum en landgoed ingetrek het, en vandag word die landgoed bykans ten volle bewoon met nagenoeg 200 inwoners. Die gemeenskap van Negester Onrusrivier is ʼn aktiewe en diverse groep mense wat dit geniet om gesellig te verkeer en aan sosiale byeenkomste, kultuur-, of bingo-aande deel te neem. Uitstappies word ook gereeld aangebied na die vele attraksies en geriewe wat Onrusrivier en Hermanus bied.
Negester Onrusrivier se beveiligde leefstyl-landgoed is ’n tuiste en heiligdom waar inwoners helder kan skyn, soos tereg in ons visiestelling omskryf word, “omgewings waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep versorg, verbeter en gekoester word.”
Belangrike Dokumente
Belangrike kontakinligting
ATKV
ATKV as ontwikkelingsvennoot
Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.