Sorgsentrum

Negester Onrusrivier-Suid beskik oor ʼn moderne, goedtoegeruste deeltitelsorgsentrum met 50 wooneenhede. Die grootte van die wooneenhede wissel van 27 m² tot 70 m².

Die volgende dienste word as standaardopsie aan die inwoners van die sorgsentrum aangebied (gebaseer op die basiesesorgpakket):

  • Primêre gesondheidsorgdiens
  • Weeklikse skoonmaak en wasserydiens
  • 30 voedsame driegangmaaltye
  • DStv-koppeling
  • 24/7 noodskakeling met verpleegsterroepstasie

Elke woonstel bestaan uit ‘n sit/slaapkamer (Bachelor's woonstel), kombuis en ‘n badkamer. Elke woonstel is toegerus met ‘n lugversorger en koopkrag.

Die inwoner word versorg in die eenheid waarin hy bly en hoef nie na ‘n ander eenheid te skuif nie.

Die huur sluit in ‘n middagete per dag vir een persoon, was van wasgoed een maal per week, skoonmaakdienste een maal per week, primêre gesondheidsorg en waterverbruik in. Die inwoner koop sy eie elektrisiteit.

Al die wooneenhede is reeds verkoop, maar eenhede met maandelikse sorgpakkette is beskikbaar om te huur. 

 

NOVEM STELLA CURA (NSC)

Negester het vir NSC as mediese diensverskaffer aangestel. NSC bied raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste aan. NSC is ook ’n geregistreerde verplegingsagentskap wat deur een van Suid-Afrika se grootste mediese fondse gekontrakteer word om tuisversorging as ’n noodsaaklike derde komponent in ’n gekoördineerde sorgprogram aan te bied. Dit is NSC se visie om holistiese gesondheids- en steundienste aan te bied ten einde te verseker dat daar aan al die verwagtinge van ’n ten volle ontwikkelde persoonlike sorg- en gesondheidsdiens vir die inwoners voldoen kan word.

 

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.