Huistipes
Jou swerwery en soeke na die perfekte blyplek sal tot rus kom by Negester Onrusrivier. Negester, met die ATKV as ontwikkelingsvennoot, bied leefstyl-landgoed vir vyftigplussers in die Overbergomgewing. Ons beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed beskik oor ’n groot verskeidenheid eiendomme vir die oordeelkundige koper of belegger.
Kom span uit in ’n pragtige omgewing waar die see en sand jou sal bekoor. Daar is beslis ’n plekkie vir jou by Negester!
Span uit by die see
Geleë op ’n vreedsame Overbergse kusdorpie is Negester Onrusrivier, net ’n klipgooi van Hermanus af. Hier kan jy jouself inburger tussen die berg en die see, en terselfdertyd die voordele van topklas wynlandgoedere, gholfbane, winkelsentrums, swemstrande, restaurante en mediese fasaliteite geniet.
As Kaapse ontwerpselemente en plaas-estetika jou idee van die perfekte blyplek is, dan is Negester Onrusrivier net die plek vir jou.
Negester Onrusrivier spog ook met ’n moderne en goed toegeruste sorgsentrum met 50 deeltitelwooneenhede, ’n gesellige eetvertrek, bistro restaurant, ’n sitkamer, klein biblioteek, haarsalon en kliniek sodat jy net die beste geriewe tot jou beskikking het.
Met die ATKV as ons beleggingsvennoot kan Negester se beveiligde leefstyl-landgoed vir vyftigplussers op Onrusrivier straks net die antwoord wees!
Negester Onrusrivier Suid bestaan uit 'n versorgingsentrum en 73 eie titel huise.
Versorging Sentrum
Die gedeelte bestaan uit 50 woonstelle. Elke woonstel bestaan uit ‘n sit/slaapkamer (Bachelor's woonstel), kombuis en ‘n badkamer. Elke woonstel is toegerus met ‘n lugversorger en koopkrag.
Die inwoner word versorg in die eenheid waarin hy bly en hoef nie na ‘n ander eenheid te skuif nie.
Die huur sluit in ‘n middagete per dag vir een persoon, was van wasgoed een maal per week, skoonmaakdienste een maal per week, primêre gesondheidsorg en waterverbruik in. Die inwoner koop sy eie elektrisiteit.
Wanneer 'n inwoner op die hoësorg paket is, sluit dit drie etes per dag en die elektrisiteitsverbruik in. Die badkamer word ook daagliks skoongemaak.
Huise
Daar is op die stadium geen huise te huur in Negester Onrusrivier-Suid nie.
Huise te koop
Daar is op die stadium geen huise te koop in Negester Onrusrivier-Suid nie.
Daar is 'n huiseienaarsvereniging heffing betaalbaar van ongeveer R3 500 per maand. Die heffing dek die 24 uur bemande toegangsbeheer, die ge-elektrifiseerde heining om die ontwikkeling, 10 etes per maand per huis, primere gesondheidsorg, onderhoud en instandhouding van die tuine.
Woonstelle te koop
No 3 - 29m² teen R850 000
No 7 - 29m² teen R850 000 (Die woonstel is verhuur vir 2 jaar vanaf 1 Julie 2022 teen R12 500 per maand met ‘n eskalasie van 6% op 1 Maart 2023. Die huurder betaal ook die munisipale heffing vir riool en vullis addisioneel tot die huur. Die eienaar sal ongeveer R5 500 huur per maand ontvang.)
No 13 - 30m² teen R850 000
No 19 - 27m² teen R750 000
Woonstelle te huur
No 3 - 29m² teen R13 200 per maand
No 19 - 27m² teen R10 000 per maand
Daar is ook ‘n 1% intree heffing, bereken op die koopprys, betaalbaar aan die Huiseienaarsvereniging met die aankoop van ‘n eiendom in Negester Onrusrivier-Suid.
ATKV
ATKV as ontwikkelingsvennoot
Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.