Huise
Jou swerwery en soeke na die perfekte blyplek sal tot rus kom by Negester Onrusrivier. Negester, met die ATKV as ontwikkelingsvennoot, bied leefstyl-landgoed vir vyftigplussers in die Overbergomgewing. Ons beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed beskik oor ’n groot verskeidenheid eiendomme vir die oordeelkundige koper of belegger.
Kom span uit in ’n pragtige omgewing waar die see en sand jou sal bekoor. Daar is beslis ’n plekkie vir jou by Negester!
Span uit by die see
Geleë op ’n vreedsame Overbergse kusdorpie is Negester Onrusrivier, net ’n klipgooi van Hermanus af. Hier kan jy jouself inburger tussen die berg en die see, en terselfdertyd die voordele van topklas wynlandgoedere, gholfbane, winkelsentrums, swemstrande, restaurante en mediese fasaliteite geniet.
As Kaapse ontwerpselemente en plaas-estetika jou idee van die perfekte blyplek is, dan is Negester Onrusrivier net die plek vir jou.
Negester Onrusrivier spog ook met ’n moderne en goed toegeruste sorgsentrum met 50 deeltitelwooneenhede, ’n gesellige eetvertrek, bistro restaurant, ’n sitkamer, klein biblioteek, haarsalon en kliniek sodat jy net die beste geriewe tot jou beskikking het.
Met die ATKV as ons beleggingsvennoot kan Negester se beveiligde leefstyl-landgoed vir vyftigplussers op Onrusrivier straks net die antwoord wees!
Negester Onrusrivier Suid bestaan uit 'n versorgingsentrum en eie titel huise.
Huise:
Daar is 73 huise in Negester Onrusrivier wat wissel van
Twee slaapkamers, twee badkamers met ‘n enkel motorhuis, ongeveer 135m² groot,
Twee slaakapers, twee badkamers, dubbel motorhuis, tussen 160m² en 170m² groot
Drieslaapkamers, twee badkamers met ‘n dubbel motorhuis, tussen 180m² en 256m² groot
Koop:
Wanneer jy die eenheid koop is die volgende van toepassing:
Daar is ‘n maandelikse heffing, betaalbaar aan die Huieienaarsvereniging, van tussen R4 225 en R5 660 afhangend van die groote van die huis.
Hierdie bedrae word jaarliks op die 1ste Maart aangepas ooreenkomstig die begroting van die Huiseienaarsvereniging wat jaarliks in Februarie goedgekeur word.
Die munisipale belasting vir ‘n eenheid is ongeveer R2 000 per maand wat addisioneel tot die heffing, betaalbaar is deur die eienaar.
Onderhoud en instandhouding van die huise se binne-en buitekante is vir die rekening van die eienaar.
Die gemiddelde verkoopprys vir ‘n
135m² eenheid het R4 000 000,
160 – 17m² eenheidd R4 800 000 en
180m² eenheid R5 500 000, in 2024 beloop.
Verkooppryse word deur die eienaars bepaal gegrond op vraag en aanbod en op vergelykende verkope.
Koste vir versorging is ekstra, addisioneel tot die heffing, soos per die tarief lys. Dieselfde sorg kan in ‘n huis gelewer word as wat in die Sorgsentrum gelewer word.
Huur:
Wanneer jy die eenheid huur is die volgende van toepassing:
Die gemiddelde huur vir ‘n huis beloop R22 500 per maand.
Die maandelikse huur vir die huise word deur die eienaar bepaal volgens vraag en aanbod en vergelykende verhurings.
Die huur bestaan uit ‘n huurkomponent saam met die Negester heffing.
Die huurder betaal die water- en elektrisiteitsverbtuik (koopkrag), dstv en internet toegang. Daar is geen etes by die huur ingesluit nie.
Koste vir versorging is ekstra, addisioneel tot die huur, soos per die tarief lys. Dieselfde sorg kan in ‘n huis gelewer word as wat in die Sorgsentrum gelewer word.
Die huur sluit die Negester heffing in. Die heffing verhoog jaarliks op die die 1ste Maart. Die huur sal jaarliks op die 1ste Maart verhoog met dieselfe bedrag as waarmee die Negester heffing verhoog.
Die huurkomponent sal jaarliks verhoog op die verjaarsdag van die huurkontrak met ‘n bedrag/persentasie soos wat tussen die Huurer en Verhuurder op ooreengekom is.
Huise te koop:
Geen huise tans te koop nie.
Stuur 'n e-pos aan elmarv@negester.co.za om jou naam op die lys van geintreseerde persone te plaas.
Daar is 'n huiseienaarsvereniging heffing betaalbaar van ongeveer R4 000 per maand. Die heffing dek die 24 uur bemande toegangsbeheer, die monitoring van die elektrifiseerde heining om die ontwikkeling, primere gesondheidsorg, onderhoud en instandhouding van die tuine.
Daar is ook ‘n 2.5% intree heffing, bereken op die koopprys, betaalbaar aan die Huiseienaarsvereniging met die aankoop van ‘n eiendom in Negester Onrusrivier-Suid.
Huise te huur:
Daar is tans een huis te huur.
Die huis het twee slaapkamers, twee badkamers en 'n enkel motorhuis - 135m² groot.
Huur - R22 500.00
Elektrisiteit - R1 500 (Beraam)
Water - R500 (Beraam)
Daaglikse middagete - R1 900 (Opsioneel)
Daaglikse ontbyt en aandete - R1 650 (Opsioneel)
Skoonmaak dienste een maal per week - R2 000 (Opsioneel)
Versorging kan in die huis gegee word.
Versorgingskoste is soos per die tarieflys.
Vir enige navrae oor beskikbare eiendomme, te huur of te koop, skakel vir Elmar van Tonder, 081 534 5604 of stuur vir hom ‘n e-pos na elmarv@negester.co.za
ATKV
ATKV as ontwikkelingsvennoot
Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.