Eiendomme

Negester Onrusrivier skakel pragtig by sy omgewing in met ontwerpelemente soos outydse stoepe, lae mure en landskapstuine. Die verskeidenheid van tydlose argitektoniese style herinner mens aan Stellenbosch se Dorpstraat, die Bo-Kaap met sy tipiese Kaap-Maleise huisies en aan moderne plaashuise.

Die leefstyl-landgoed sluit 'n ook eko-sensitiewe area in met ‘n natuurlike vleiland en twee fonteine. Op die perseel is daar ook twee dammetjies waarin reënwater en fonteinwater opgevang word. Negester Onrusrivier is in ʼn gelukkige posisie om hierdie water vir die besproeiing van sy gemeenskaplike tuine te kan gebruik.

Negester Onrusrivier Suid bestaan uit 74 eietitel-eiendomme en ʼn deeltitel-sorgsentrum met 50 residensiële wooneenhede.

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.