Huistipes

Jou swerwery en soeke na die perfekte blyplek sal tot rus kom by Negester Onrusrivier. Negester, met die ATKV as ontwikkelingsvennoot, bied leefstyl-landgoed vir vyftigplussers in die Overbergomgewing. Ons beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed beskik oor ’n groot verskeidenheid eiendomme vir die oordeelkundige koper of belegger.

Kom span uit in ’n pragtige omgewing waar die see en sand jou sal bekoor. Daar is beslis ’n plekkie vir jou by Negester!

Span uit by die see

Geleë op ’n vreedsame Overbergse kusdorpie is Negester Onrusrivier, net ’n klipgooi van Hermanus af. Hier kan jy jouself inburger tussen die berg en die see, en terselfdertyd die voordele van topklas wynlandgoedere, gholfbane, winkelsentrums, swemstrande, restaurante en mediese fasaliteite geniet.

As Kaapse ontwerpselemente en plaas-estetika jou idee van die perfekte blyplek is, dan is Negester Onrusrivier net die plek vir jou.  

Negester Onrusrivier spog ook met ’n moderne en goed toegeruste sorgsentrum met 50 deeltitelwooneenhede, ’n gesellige eetvertrek, bistro restaurant, ’n sitkamer, klein biblioteek, haarsalon en kliniek sodat jy net die beste geriewe tot jou beskikking het.

Met die ATKV as ons beleggingsvennoot kan Negester se beveiligde leefstyl-landgoed vir vyftigplussers op Onrusrivier straks net die antwoord wees!

Negester Onrusrivier Suid bestaan uit 'n versorgingsentrum en 73 eie titel huise.

Versorging Sentrum

Die gedeelte bestaan uit 50 woonstelle. Elke woonstel bestaan uit ‘n sit/slaapkamer (Bachelor's woonstel), kombuis en ‘n badkamer. Elke woonstel is toegerus met ‘n lugversorger en koopkrag.

Die inwoner word versorg in die eenheid waarin hy bly en hoef nie na ‘n ander eenheid te skuif nie.

Die huur sluit in ‘n middagete per dag vir een persoon, was van wasgoed een maal per week, skoonmaakdienste een maal per week, primêre gesondheidsorg en waterverbruik in. Die inwoner koop sy eie elektrisiteit.

Woonstelle te huur:

Daar is op die stadium geen woonstelle te huur nie. Skakel die Landgoed bestuurder Elmar van Tonder op 081 534 5604 om jou naam op die lys van geintereseerde mense te plaas.

Woonstelle te koop:

Eenheid 48 - 29m2 vir R1 200 000

Daar is 'n huiseienaarsvereniging heffing betaalbaar van ongeveer R3 600 per maand Die heffing dek die 24 uur bemande toegangsbeheer, die monitoring van die elektrifiseerde heining om die ontwikkeling, primere gesondheidsorg, onderhoud en instandhouding van die tuine.

Daar is ook ‘n eenmalige 1% intree heffing, bereken op die koopprys, betaalbaar aan die Huiseienaarsvereniging met die aankoop van ‘n eiendom in Negester Onrusrivier-Suid.

Daar is ook ‘n 1% intree heffing, bereken op die koopprys, betaalbaar aan die Huiseienaarsvereniging met die aankoop van ‘n eiendom in Negester Onrusrivier-Suid.

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.