Ligging

Geleë op ’n vreedsame Overbergse kusdorpie is Negester Onrusrivier, net ’n klipgooi van Hermanus af. Hier kan jy jouself inburger tussen die berg en die see, en terselfdertyd die voordele van topklas wynlandgoedere, gholfbane, winkelsentrums, swemstrande, restaurante en mediese fasaliteite geniet.

As Kaapse ontwerpselemente en plaas-estetika jou idee van die perfekte blyplek is, dan is Negester Onrusrivier net die plek vir jou.

Die eietitel huise beskik oor ruim leefareas, hoë plafonne, groot vensters en is toegerus met gehaltemateriaal en -afwerkings. 

Negester Onrusrivier spog ook met ’n moderne en goed toegeruste sorgsentrum met 50 deeltitelwooneenhede, ’n gesellige eetvertrek, bistro restaurant, ’n sitkamer, klein biblioteek, haarsalon en kliniek sodat jy net die beste geriewe tot jou beskikking het.

  • Winkels: Die Whale Coast Mall (3 km), Station Square en Village Square is net drie van ʼn verskeidenheid winkelsentrums geleë op Onrusrivier en Hermanus (6,6 km)
  • Private hospitale: Mediclinic Hermanus, geleë op die R43 (5, km), Hermanus Daghospitaal met 21 bed- en 3 teaterfasiliteite (5,4 km)
  • Gholf: Hermanus Gholfklub (9,6 km), Arabella Gholfklub (20,2 km), Erinvale Gholfklub (70,6 km), Pearl Valley Gholflandgoed en Spa (129 km), ens.
  • Wynlandgoedere en kelders: Hermanuspietersfontein (2,6 km), Hamilton Russel Wingerde (6,8 km), Creation wynlandgoed (17,9 km), Gabriëlskloof wynlandgoed (32,5 km), ens.
  • Feeste en aktiwiteite: Populêre jaarlikse geleenthede sluit onder andere in: Die Walkerbaai Voëlfees (Feb), FynArts (Jun), Kalfiefees (Aug), Hermanus Voedsel- en Wynfees (Aug), Hermanus Blommefees (Sep) Hermanus Walvisfees (Sep/Oct), Wines2Whales Bergfietsresies (Nov), ens.
  • Lughawe: Kaapstad Internasionaal (101 km).

Daar is verskeie stap- en bergfietsroetes, visvang- en duikplekke asook ʼn diverse fynbos fauna en flora in die nabye omgewing van Negester Onrusrivier.

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Gerugsteun deur die ATKV het ons toegang tot keur eiendomme.