Skip to the content

"Ek het ʼn huisie by die see [...] ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite; hierbinne is dit veilig, warm en dig."

- H.A. Fagan

Al ooit gedroom van ʼn rustige bestaan op ʼn poskaartmooi en vreedsame kusdorpie? Onrusrivier, met sy heerlike winterreënval-klimaat, strandmeer, wandelpaaie en nabyheid aan Hermanus, is vinnig besig om ʼn gesogte bestemming vir vyftigplussers te word.

Hier vind jy Negester Onrusrivier, ʼn bekoorlike beveiligde leefstyl-landgoed. Negester Onrusrivier integreer die pragtige natuurskoon van die see, strandmeer, fynbos en berge met aanloklike ontwerp-elemente soos outydse stoepe, lae mure en tuine.

AANLYNGESKENKBEWYSE

Wil jy graag iemand bederf met ’n ervaring as geskenk?  

Kliek hier om ’n ATKV-geskenkbewys te koop.