Skip to the content

Mediesesorgsentrum

outside of medical care centre negester onrusrivier

Negester Onrusrivier-Suid beskik oor ʼn moderne, goedtoegeruste deeltitelsorgsentrum met 50 wooneenhede. Die grootte van die wooneenhede wissel van 27 m² tot 70 m². Die sentrum het sy deure op 6 Desember 2014 geopen en drie sorgpakkette word aangebied (2018 priyse):

  • Basiesesorgpakkette vanaf R10 200 p.m.
  • Hulpsorgpakkette vanaf R16 900 p.m.
  • Verswaktesorgpakkette vanaf R23 800 p.m.

Die en-suite wooneenhede is toegerus met ʼn kombuisie en ruim badkamer. Die volgende dienste word as standaardopsie aan die inwoners van die sorgsentrum aangebied (gebaseer op die basiesesorgpakket):

  • Primêre gesondheidsorgdiens
  • Weeklikse skoonmaak en wasserydiens
  • 30 voedsame driegangmaaltye
  • DStv-koppeling
  • 24/7 noodskakeling met verpleegsterroepstasie

Al die wooneenhede is reeds verkoop, maar eenhede met maandelikse sorgpakkette is beskikbaar om te huur. Klik hier vir meer inligting oor die sorgpakkette.

Negester het vir Medwell as mediese diensverskaffer aangestel. Medwell bied raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste aan. Medwell is ook ’n geregistreerde verplegingsagentskap wat deur een van Suid-Afrika se grootste mediese fondse gekontrakteer word om tuisversorging as ’n noodsaaklike derde komponent in ’n gekoördineerde sorgprogram aan te bied. Dit is Medwell se visie om holistiese gesondheids- en steundienste aan te bied ten einde te verseker dat daar aan al die verwagtinge van ’n ten volle ontwikkelde persoonlike sorg- en gesondheidsdiens vir die inwoners voldoen kan word.

ʼn Stukkie hemel-en-aarde

Negester Onrusrivier is die ideale plek vir vyftigplussers wat op soek is na ʼn uitstekende beleggingsgeleentheid en ʼn tuiste in ʼn veilige en prentjiemooi omgewing. Kontak ons nou om jou huisie-by-die-see te bekom.